Word 3/4 jaar oud
Inrig van dagprogram
Daar word elke dag ‘n hoofaktiwiteit aangebied wat verband hou met die tema van die week. By-aktiwiteite word ook tot die kinders se beskikking gestel. Dit is die kinders se eie keuse om aan die by-aktiwiteite deel te neem of nie. Sepediklasse en ’n besoek aan die mediasentrum word ook weekliks gedoen.[mls_devider]
Ons roetine
7:00 – 8:15 | Aankoms, selfgekose spelaktiwiteit binne of buite die klas |
8:15 – 8:30 | Opruim |
8:30 – 9:30 | Groet, nuustyd, bybelstorie en samesang |
9:30 – 9:45 | Buitespel |
9:45 – 10:45 | Persepsie / Wetenskap / Tegnologie, georganiseerde kuns en handwerk |
10:45 – 11:15 | Verversings |
11:15 – 12:00 | Buitespel |
12:00 – 12:45 | Musiek en storietyd |
[mls_devider]Evalueringsverslae
Aan die einde van die eerste kwartaal, word daar ‘n evalueringsbriefie uitgegee, om u in te lig oor die aanpassing, gedrag, sosialisering en gesindheid van u kind in die skool. Die tweede kwartaal se verslag is ‘n waarnemingsverslag waarin u sal agterkom hoe u kind sy/ haar tyd by die skool verwyl: wat hy/ sy geniet of nie geniet nie en watter vaardighede al bemeester is. Aan die einde van die vierde kwartaal word daar verslag gelewer oor die vordering wat u kind by die skool gemaak het.