Graad 1 – 3

Laerskool Die Krans Graad 1 Klas

Die Graad 1 tot Graad 3 leerders vorm die grondslagfase onderrig van ons skool.

Skoolure:
Maandae tot Donderdae 7:40-13:35
Vrydae 7:40-13:00


Leeruitkomste

Die Nasionale Kurrikulum en Assesseringsbeleidsverklaring (KABV) stel in die vooruitsig dat leerders die volgende kan doen:

  • identifiseer en los probleme op en neem besluite deur kritiese en kreatiewe denke;
  • werk doeltreffend saam met ander as lede van ’n span, groep, organisasie en gemeenskap;
  • organiseer en bestuur hulself en hulle aktiwiteite verantwoordelik en doeltreffend;
  • versamel, ontleed en organiseer inligting en evalueer dit krities;
    kommunikeer doeltreffend deur middel van visuele, simboliese en / of taalvaardighede in verskillende vorme;
  • gebruik wetenskap en tegnologie doeltreffend en krities deur verantwoordelikheid teenoor die omgewing en die gesondheid van ander te toon; en
  • begryp die wêreld is ’n stel verwante stelsels waarin probleme nie in isolasie opgelos word nie.