Laerskool leerders se skooldrag is verkrygbaar by die skool. Afgesien daarvan dat skooldrag netjies vertoon, skep dit ook ‘n gevoel van samehorigheid. Dit is vir ons belangrik dat ons leerders met die korrekte skooldrag skool toe sal kom, en dat hulle dit ook met trots sal dra.

 

Graad 1-3


Dogters:

Somer:

  • Navy broekrompie met golfhempie
  • Navy skoolkouse by swart skoolskoene/swart tekkies
  • Ons verkies kaalvoet in die somer
  • Navy, “stone” of oranje rekkies/linte, knippies ens.

Winter:

  • Skoolsweetpak met kortmou golfhemp of navy langmouhemp
  • Navy trui by skool beskikbaar
  • Skool broekrompie met navy tights en swart skoolskoene

Seuns:

Somer:

  • Sportbroekie soos voorgeskryf met golfhempie
  • Navy kouse by swart skoolskoene/ swart tekkies
  • Ons verkies kaalvoet in die somer
  • Gepaste netjiese kort haarstyl

Winter:

  • Skoolsweetpak met kortmou golfhemp of navy langmouhemp
  • Navy trui met skoolwapen by skool verkrygbaar
  • Navy skoolkouse by swart skoolskoene / swart tekkies

Sonhoede: Hoede met die skool se wapen op, kan by die kantoor bestel word. Ons moedig die dra van hoede aan ter beskerming teen die warm Afrika-sonnetjie

Graad 4-7


Dogters: 

Somer:

  • Navy broekrompie of romp met wit skoolhemp
  • Navy skoolkouse met swart skoolskoene of swart tekkies
  • Navy, “stone” of oranje rekkies/linte, knippies ens.

Winter: 

  • Skoolsweetpak met kortmou wit skoolhemp of navy langmouhemp met swart tekkies
  • Navy trui by skool beskikbaar
  • Skool broekrompie of romp met navy tights en swart skoolskoene of swart tekkies

Seuns:

Somer: 

  • Navy skoolbroek soos voorgeskryf met wit skoolhemp
  • Navy kouse by swart skoolskoene of swart tekkies, , indien hul wil skoene dra
  • Gepaste netjiese kort haarstyl

Winter:

  • Skoolsweetpak met wit skoolhemp of navy langmouhemp
  • Navy trui met skoolwapen by skool verkrygbaar
  • Navy skoolkouse by swart skoolskoene of swart tekkies, indien hul wil skoene dra

Sonhoede: Hoede met die skool se wapen op, kan by die kantoor bestel word. Ons moedig die dra van hoede aan ter beskerming teen die warm Afrika-sonnetjie