Word 6 jaar oud: Graad R

In Graad R wil ons graag u kind blootstel aan die atmosfeer en funksionering van die “groot skool” sonder om formele onderrig te gee.

Ons roetine:

7:00—8:10 Aankoms, selfgekose spelaktiwiteit binne of buite
8:10 Ons groet mekaar
Oor die Bybel en die lewe
Tafelbespreking
Wetenskap
Persepsie
8:30 Skeppende aktiwiteite of kreatiwiteitsperiode

  • Let Wel : Die genot van die proses en belewing daarvan is belangriker as die resultaat.
  • Op Maandae sal hierdie tyd uitsonderlik vir perseptuele ontwikkeling en skoolgereedmaking benut word.
10:00 Opruim
Toiletroetine
Versies en Rympies
10:15 Verversings
11:00 ‘n Rondomtalie periode wat wissel tussen die volgende: Noord-Sotho, Engels (Thrass-program), Klasmusiek en Audibloks.
11:30 Vryspel/ Fantasie/ Groepspele
Opruim
12:00 Ontwikkelingspele of musiek:
Slagorkes, gehoordiskriminasie, genotbelewing, musiekbeluistering, musiek en beweging
12:30 Storietyd en/of Poppekas:
Vir die ontwikkeling van taal en geheue, kennisuitbreiding, genotsbelewing en rustige afsluiting.

Die Skoolgereedmakingsprogram word ook in hierdie ouderdomsgroep gefassiliteer.