Word 3/4 jaar oud

Inrig van dagprogram
Daar word elke dag ‘n hoofaktiwiteit aangebied wat verband hou met die tema van die week. By-aktiwiteite word ook tot die kinders se beskikking gestel. Dit is die kinders se eie keuse om aan die by-aktiwiteite deel te neem of nie. Sepediklasse en ’n besoek aan die mediasentrum word ook weekliks gedoen.[mls_devider]

Ons roetine

7:00 – 9:00 Aankoms, selfgekose spelaktiwiteit binne of buite die klas
9:00 Groet, nuustyd, bybelstorie, samesang
9:30 Toiletroetine
9:45 Tafelbespreking, liedjies/versies, skeppende aktiwiteit
10:30 Verversings
11:00 Vryspel
12:00 Storietyd/ontwikkelingspele/musiek en beweging
12:30 Vryspel

Evalueringsverslae
Aan die einde van die eerste kwartaal, word daar ‘n evalueringsbriefie uitgegee, om u in te lig oor die aanpassing, gedrag, sosialisering en gesindheid van u kind in die skool. Die tweede kwartaal se verslag is ‘n waarnemingsverslag waarin u sal agterkom hoe u kind sy/ haar tyd by die skool verwyl: wat hy/ sy geniet of nie geniet nie en watter vaardighede al bemeester is. Aan die einde van die vierde kwartaal word daar verslag gelewer oor die vordering wat u kind by die skool gemaak het.