Hier beantwoord ons jou vrae oor die skool

Ek wil graag my dogtertjie inskryf vir Jan 2025. Sy sal 5 word in 2025. Is dit moontlik om haar nou al in te skryf?

Inskrywings is enige tyd welkom. Kontak gerus die kantoor by 012 803 0906

My kinders is beide by die naskool. Hulle is gedaan as ek hul in die middag gaan haal. Wat kan ek mens doen dat hulle net bietjie ‘unwind’ na die dag. Ek los hulle dat hulle hulle eie ding doen maar dis asof hulle so oor gestimuleer is van die dag, dat hulle ‘n sesde asem kry en totaal en al uit hul nate is. Ek het al probeer om ‘n boekie te lees of rustige musiek aan te sit. Die een is in die kleuterskool en ander in die laerskool

1.   Gaan stap ‘n bietjie in die natuur of ry saam fiets vir ‘n rukkie.

2.   Speel saam ‘n eenvoudige speletjie soos bv. vissie-vissie of snap. Iets wat nie veel konsentrasie verg nie.

3.   Plakkers/Stickers wat op skoon papier geplak kan word om ‘n eie storie te maak is ook gewild.

4.   Badtyd kan verleng word met badkryte en sponsdiere wat teen die bad se rand geplak kan word.

5.   Luister na gewilde musiek, volgens die kind se smaak, en dans saam daarop.

6.    Maak saam slaai of iets wat saam met aandete geniet kan word.

My kinders is by die na-skool en baie gelukkig daar. My besorgdheid is oor die laatmiddag happies wat hul kry. Dit voel vir my asof hulle gereeld soetgoed soos warem sjokolade, ysies, koekies, ens. kry. Ek is nie noodwendig teen suiker en soetgoed nie, maar veral op Woensdae en Vrydae kry hul tydens skooltyd dit ook, dan voel dit net vir my of dit te veel is. Die kos is oor die algemeen baie keurig voorberei en ek is baie dankbaar daarvoor. Ek vra maar net of ons dit asb. bietjie kan beperk – veral vir die kleiner kinders.

Die naskool neem alle etenstye & versnaperingstye baie ernstig op en poog om sover moontlik net gesonde kos aan ons kinders voor te sit. Ons werk op ‘n 3–weeklikse spyskaart vir middagetes en versnaperingstyd is dit hoofsaaklik vrugte wat saam met Rooibostee aan die kinders bedien word. Maandae, Dinsdae, Donderdae & Vrydae kry die kinders almal vrugte in seisoen. Woensdae wyk ons af en kry die kinders elkeen 2 koekies saam met hul tee. Dit is per uitsondering, en gewoonlik in die wintermaande, dat hulle op uiters koue dae warm sjokolade in plaas van tee kry om te drink.

I have just moved into the area where the schools is located and wanted to know if the school only teaches in Afrikaans?

Ons onderrig slegs in Afrikaans. Engelse kinders is wel welkom.

Op watse platvorm kan ons anoniem, ‘n vraag/ligte klagte, stuur aan die skool. Dis regtig net n vragie maar nie noodwendig iets wat ek voel ander ouers noodwendig oor n probleem het nie.

Vrae in hierdie spasie is anoniem. Gaan na Kontak ons en vra jou vraag binne die Wat wil jy weet boksie