• Hierdie bladsy is tydelik onder konstruksie - kom loer gou weer vir 'n lekker verassing
 

Stokstert

Dagprogram:
07:00—8:10 Aankoms, selfgekose spelaktiwiteit binne of buite.
08:10 Ons groet mekaar
Oor die Bybel en die lewe
Tafelbespreking
Wetenskap
Persepsie
08:30 Skeppende aktiwiteite of kreatiwiteitsperiode
• Let Wel : Die genot van die proses en belewing daarvan is belangriker as die resultaat.
• Op Maandae sal hierdie tyd uitsonderlik vir perseptuele ontwikkeling en skoolgereedmaking benut word.
10:00 Opruim
Toiletroetine
Versies en rympies
10:15 Verversings; daarna vryspel
11:00 ‘n Rondomtalie periode wat wissel tussen die volgende: Noord-Sotho, Engels (Thrass-program), Klasmusiek en Audibloks.
11:30 Vryspel/ Fantasie/ Groepspele
Opruim
12:00 Ontwikkelingspele of musiek:
Slagorkes, gehoordiskriminasie, genotbelewing, musiekbeluistering, musiek en beweging
(Hierdie is ‘n intensiewe musiekperiode, maar omdat musiek so belangrik is vir die ontwikkeling van die kind (veral regterbrein) word dit deur die hele dagprogram geïnkorporeer. Daar sal dikwels klassieke musiek as agtergrond gespeel word. Dit is algemeen bekend dat veral Barokmusiek denkontwikkeling stimuleer.)
12:30 Storietyd en/of Poppekas:
Vir die ontwikkeling van taal en geheue, kennisuitbreiding, genotsbelewing en rustige afsluiting.

 

Adel
 
 
Stokstertjies1 Stokstertjies2