1.
Tye:
Aankoms: 07h00-08h00
Afhaal: 13h00-13h30 Die assistente is daar tot 14h00, daarna gaan u kind
oor na die Naskoolsentrum.
2. Ons roetine : 07h30: ontbyt
10h00: broodjies en rooibostee.
12h00: middagete
3. Aktiwiteite:
By hierdie ouderdomsgroep gaan dit hoofsaaklik oor:
• grootmotoriese vaardighede,
• allerlei perseptuele ervarings
• blootstelling aan musiek en beweging
• bekendstelling aan vele opvoedkundige apparaat,
• eksperimentering van teksture,
• die vestiging van taal,
• die wêreld van stories en boeke word oopgesluit
• die aanleer van die eerste fase van sosiaal aanvaarbare gedrag