Graad 1 – 3

Die Graad 1 tot Graad 3 leerders vorm die grondslagfase onderrig van ons skool.
Skoolure:
Maandae tot Donderdae 7:40-13:35
Vrydae 7:40-13:00
Leeruitkomste
Die Nasionale Kurrikulum en Assesseringsbeleidsverklaring (KABV) stel in die vooruitsig dat leerders die volgende kan doen:
- identifiseer en los probleme op en neem besluite deur kritiese en kreatiewe denke;
- werk doeltreffend saam met ander as lede van ’n span, groep, organisasie en gemeenskap;
- organiseer en bestuur hulself en hulle aktiwiteite verantwoordelik en doeltreffend;
- versamel, ontleed en organiseer inligting en evalueer dit krities;
kommunikeer doeltreffend deur middel van visuele, simboliese en / of taalvaardighede in verskillende vorme; - gebruik wetenskap en tegnologie doeltreffend en krities deur verantwoordelikheid teenoor die omgewing en die gesondheid van ander te toon; en
- begryp die wêreld is ’n stel verwante stelsels waarin probleme nie in isolasie opgelos word nie.