Die Graad 4 tot Graad 7 leerders vorm die intermediêre fase onderrig van ons skool.
Die Graad 4 leerders (Blou Duikers) is in ‘n nuwe fase van hul lewens met baie nuwe uitdagings: Verandering in vakke en spring van klas tot klas.
Blou duikers kyk alles goed uit voor ons iets doen. Ons is baie versigtig. Ons is skugter, met ‘n krom houding. Ons is van die kleinste wildsbokke. Ons het kort, priemagtige horings met haarklossies tussenin.
Kamp: 2 nagte kamp vir die klein bokkies.
Die Graad 5 leerders (Blesbokke) is nou gemaklik in hul fase. Hul is nou meer spelerig en uitdagings word maklik opgelos.
Blesbokke het ‘n wit bles op ons voorkop, deur ‘n donker dwarsstreep tussen oë onderbreek. Ons het donker rooibruin lywe met wit pense.
Kamp: 3 / 4 nagte kamp.
Die Graad 6 leerders (Swartwitpense) se ontwikkeling is groot. Liggaamlike ontwikkeling en sosiale aktiwiteite is vir ons belangrik.
Swartwitpense word dikwels na verwys as die mooiste van al ons bokke. Ons pense is wit en die res van ons lywe is swart.
Kamp: Mpumalanga / Wildtuin toer.
Die Graad 7 leerders (Gemsbokke) staan kop en skouers uit met hul pragtige horings en is reg om Hoërskool aan te pak.
Gemsbokke is baie seker van onsself en baie trots. Ons is selfstandig en baie gevaarlik: Pasop vir ons lang horings. Ons kom met min water klaar.
Kamp: Oranjerivier Toer
Top Graad 7 Toekenning by Prysuitdeling: Springbok Trofee vir Top Seun en Top Dogter.
Springbok: Ons is die kampioene met die mooiste wit borsels op ons rŭe. Almal weet hoe ons lyk.
Hierdie seun of dogter verwerf hierdie trofee vir veelsydigheid: die hoogste prestasie en deelname in sport, kultuur en akademie.